Geleë in die hartjie van Vanrhynsdorp, bied Namaqua Lodge die ideale basis vir jou Namakwaland-avontuur. Met gerieflike kamers, vriendelike diens, heerlike etes en geriewe soos WiFi, veilige parkering en 'n kroeg op die perseel, is dit 'n tuiste weg van die huis.
027 219 1633

Besoek NG Kerk Vanrhynsdorp se Blommemark tussen 1 Augustus tot 5 September 2025.
Oop Maandae tot Saterdae 09:00 tot 16:00
Vele handgemaakte produkte, gebak, kunswerk, ingelegte produkte, speelgoed, naaldwerk en meer.
Middagetes is ook beskikbaar.
Vir meer inligting, kontak 066 213 6879.

Besoek Vanrhynsdorp se Kokerboom Kwekery - kwekers van seldsame vetplante en kokerbome. Hier kan jy gekweekte vetplante koop om saam te neem huistoe.
Vir meer inligting, kontak vir Christine 076 391 4700.

Besoek Gifberg Holiday Farm met besonderse staproetes en swemgate. Of drink 'n heerlike koppie rooibos tee by hulle restaurant.
Kontak vir Jansu by 078 614 6484.

Stop by Bagdad Cafe oppad na Nieuwoudtville vir 'n heerlike koppie moerkoffie of roosterbrood.
Vir besprekings of meer inligting, kontak 084 065 8464.

Die naam verwys na die dae wat poskoetse en togryers nog ’n halfweg russtop tussen Vanrhynsdorp en Garies nodig gehad het. Die dorpie, Bitterfontein en omliggende plase was altyd deel van die NG gemeente Vanrhynsdorp, maar in 1920 besluit die gemeente om eerder ook ’n kerk te stig vir hierdie area omdat daar reeds mense hier en in die omliggende omgewing woon. Hulle noem toe die gemeente Nuwerus, vanweë die nuwe rus wat gevind is op die lang tog in Namakwaland. Die gemeente het op daardie stadium ’n area van 160 km bedien.
'n Interessante staaltjie uit die geskiedenis van die plaaslike hoërskool is dat die bouplanne deur die onderwysdepartement met dié van 'n baie groter dorp omgeruil is, so dat Nuwerus nog altyd 'n skool gehad het wat veels te groot is vir 'n dorpie van sy grootte.

“Bitterfontein is ’n dorpie so klein in die hart van Namakwaland, daar is niks in die winter en niks in die somer, net die son wat brand” - só sing Worsie Visser oor hierdie dorpie.
Die spoorlyn vanaf Kaapstad het die dorp in 1927 bereik en was vir die langste tyd die enigste manier wat enige iets of enige iemand Namakwaland binne gekom het of uit gegaan het. Die koper uit die omgewing van Springbok is ook deur Jowells-Transport hierheen vervoer per vragmotor en van hier is dit na Tafelbaai versent.

Maak seker jy stop by Sonja by Garies Toeristestal vir die lekkerste roomys! Jy moet een van haar gratis padkaarte neem sodat jy nie verdwaal tussen al die blommeprag nie.

Strassbergers Skoenfabriek
Voordat jy die plate blomme aandurf, moet jy die regte paar veldskoene aanskaf! By Strassbergers het hulle iets vir almal - oud en jonk. Besoek vir oom Hannes en hy sal jou help om jou nuwe beste vriend vir jou voete uit te kies.
Adres: Ou Kaapsestraat 12, Clanwilliam
Kontaknommer:: 027 482 1461
Webtuiste: https://strassbergers.co.za
Velskoendraai Plaasstal & Restaurant
Begin jou dag reg met 'n heerlike koppie boeretroos by Velskoendraai. Of kry vir jou 'n "take-away" rooibos cappuccino met 'n heerlike sny koek. Voor jy weer die pad aandurf na die blomme, moet jy 'n foto neem van jou koffie of die pragtige gebou. Plaas die foto of Facebook, tag ons en gebruik die hutsmerk #namakwaskattejag!
Adres: Graafwaterstraat, Clanwilliam
Kontaknommer: 066 205 2382
C. Louis Leipoldt se graf
Wanneer jy deur die majestueuse Pakhuisberge ry, stop by C. Louis Leipoldt se graf en luister na sy gedig Oktobermaand, voorgedra deur Mike Spies. Volg hierdie skakel: https://www.facebook.com/namakwatoere/videos/1069404671565814
Ramskop Natuurreservaat
Die Ramskop Natuurreservaat is een van Clanwilliam se juwele, wat elke jaar tussen Augustus en September spog met die grootste verskeidenheid blomme. Hierdie natuurreservaat spog met oor die 350 verskillende spesies, gemerkte staproetes met pragtige uitkykpunte oor die berge en Clanwilliam dam, en 'n seisoenale teetuin tydens blommetyd.
Die Clanwilliam Blommeskou word aangebied vanaf 29 Augustus tot 7 September by die Blomkerk.
De Kelder Restaurant
Besoek De Kelder Restaurant vir heerlike etes, ontsnap in die heerlike atmosfeer en neem die uitsig van die Sederberge in!
Maandae: 16:00-00:00
Dinsdae - Saterdae: 11:00-00:00
022 482 1037

Stop by Klawer Wynkelder en proe hulle African Ruby Rooibos Vermouth - 'n egte Suid-Afrikaanse produk met rooibos en boegoe. Hierdie sal beslis jou beste vriend wees op 'n koud dag!
Kontaknommer: 027 216 1530
Webtuiste: https://www.klawerwine.co.za

Wanneer jy Lutzville besoek, moet jy ’n wynproe beleef by Lutzville Vineyards. Vra vir Susan, neem ’n “selfie” saam met haar, laai dit op Facebook en gebruik ook die hutsmerk: #namakwaskattejag
Kontaknommer: 027 217 1516
Webtuiste: https://lutzvillevineyards.com
Maak gerus ’n draai by Lutzville se Hotel en drink ’n Jagermeister saam met Boetie Fox!

Wanneer jy Nieuwoudtville besoek, moet jy aanklop by die pragtige NG kerk met 'n ryk geskiedenis. Loop deur die kerk, neem die skoonheid in en ontmoet die vark in die verhaal.
Maak ook 'n draai by die kerksaal vir Nieuwoudtville se Blommemark tussen 7 Augustus en 13 September. (Maandae tot Saterdae 09:00 - 16:00)

Besoek die plaas WIllemsrivier met sy ryke geskiedenis en die mooiste rooikatsterte!
Neem 'n foto by die katsterte en plaas dit op Facebook met die hutsmerk: #namakwaskattejag

Beleef die blommeprag van Matjiesfontein Plaas net buite Nieuwoudtville. Hier haal hulle die skape vroegtydig van die lande af, voor die eerste reën van die seisoen val, om die mooiste blomme vir toeriste te verseker.
Neem die blommeroete, lê tussen die blomme en neem baie foto's. Onthou net om dit op Facebook te plaas met die hutsmerk #namakwaskattejag

Maak 'n draai by die grootste Kokerboomwoud in die suidelike halfrond. Loop deur die kokerbome en sien hoe nie een dieselfde lyk nie. Kyk na elkeen se verskillende vorm, grootte en kleur.
Neem 'n foto tussen die kokerbome en plaas dit op Facebook met die volgende hutsmerk: #namakwaskattejag

Besoek die bekende Fryer’s Cove by die ou kreeffabriek. Geniet ’n glasie van hul smaaklike wyn, stap op die jetty en ruik die vars seelug. Neem ’n foto op die jetty met die see in die agtergrond of voor die lighuis. Plaas dit op Facebook en gebruik die hutsmerk: #namakwalandskattejag

Hier moet jy die bobbejaan van Bobbejaanberg gaan ontmoet. Klop aan by Elandsbaai Hotel en geniet ’n yskoue bier op die stoep waar jy uitkyk oor die see. As jy die bobbejaan sien, neem ’n foto en plaas dit op Facebook met die hutsmerk: #namakwalandskattejag

Wanneer jy deur die Weskus ry, moet jy ’n vars vis en chips parcel geniet teen die see. Besoek die vriendelike dames by Paternoster se “kaai?” en bederf jouself met egte Weskus vis en chips.

+27 (0) 27 219 1377
+27 (0) 66 385 4653
22 Voortrekker Street | Vanrhynsdorp | Western Cape | South Africa | 8170