Welkom by Namakwa Toere. Ons weet presies waar om die toeris te neem om sy besoek aan Namakwaland onvergeetlik te maak. 2014 was weereens een van Namakwaland se spog-seisoene en ons toerlede was weer oorweldig deur die blommeprag en natuurlik ook die uitstaande diens wat hulle van Namakwa Toere ervaar het. Maak seker dat u nie uitmis op hierdie jaarlikse wonderwerk, wanneer hierdie semi-woestyn ontaard in `n blommeparadys soos nêrens elders op aarde nie.

Namakwa Toere bied nou ook staptoere aan na Namakwaland, Weskus, Sederberge, Oorlogskloof en Gifberg. Ons bied die stapper 'n groot verskeidenheid van roetes om van te kies en pas die program aan soos hulle dit verkies.

Afgesien van die familie besigheid, die beste reisprogram en die luuksste busvervoer, die hotel akkommodasie en die weglê-etes, is ons positief omtrent ons streek en oor toerisme.